Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Bote in Liverpool, Engeland, lê slaggereed vir ʼn seiljagwedren wat Sondag afskop. Sowat 700 bemanningslede neem deel aan die wedren wat strek oor vyf oseane na ses kontinente (Foto: Clint Hughes, AP)

Deelnemers klim sukkel-sukkel by pale op tydens ʼn paalklim-kompetisie wat deel is van die Onafhanklikheidsdagfeesviering in Djakarta, Indonesië. Die land vier die 72ste herdenking van sy onafhanklikheid van Nederland. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

ʼn Meerkat byt sy maat se neus in ʼn dieretuin in Kronberg, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Toeris kyk deur ʼn verkyker na Noord-Korea vanaf Paju in Suid-Korea. ʼn Top militêre beampte van die VSA sê militêre optrede teen Noord-Korea se missieldreigement sal afgryslik wees, maar om hulle toe te laat om die vermoë te ontwikkel om ʼn kernaanval van stapel te stuur, is ondenkbaar. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Phan Tang Bao van Viëtnam in aksie tydens haar gesinchroniseerde solo-swemitem tydens die finale ronde van die Suid-Oos- Asiatiese Spele in Kuala Lumpur. (Foto: Vincent Thian, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Saartjie ·

Daardie ‘verkyker’ lyk darem baie na ‘n teleskoop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.