Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Die hande van ’n biddende Moslem-pelgrim is Vrydag sigbaar naby die Kaaba, die kubieke gebou in die Grand Mosque, net voor die afskop van die jaarlikse Hajj-pelgrimstog in die Moslem- heilige stad Mekka, Saoedi-Arabië. Dié Islamitiese pelgrimstog trek jaarliks miljoene besoekers. Dit word bestempel as die grootste jaarlikse bymekaarkoms van mense in die wêreld. (Foto: Dar Yasin, AP)

’n Indiese vrou en kind sukkel Vrydag voort in vloedwater ná swaar reënval in Ahmadabad, Indië. Indië ontvang sy jaarlikse reënval tussen Junie en Oktober. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Motors ry Vrydag net voor sonop op ’n snelweg naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Narendra Modi, die Indiese eerste minister, in wit geklee, volg ’n lykswa wat die voormalige Indiese premier, Atal Bihari Vajpayee, se liggaam vervoer. Die begrafnisoptog beweeg Vrydag na die verassingsplek in Nieu-Delhi, Indië. Vajpayee, 93, is gister in ’n hospitaal in Nieu-Delhi oorlede waar hy behandel is vir nierinfeksie en probleme met sy bors. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Indonesië se doelwagter, Ayudya Suidarwanty Pratiwi, in aksie tydens ’n waterpolo-wedstryd teen Hongkong by die 18de Asiatiese Spele in Jakarta, Indonesië. (Foto: Lee Jin-man, APA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

IK ·

Pragtig die autobahnfoto. Mens kan duidelik sien die voertuie is padwaardig. Hoe so? Die voor- en agterligte is 100%. Glo my nie? Kyk wéér, dis nie SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.