Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie vier Indonesië sy 75ste jaar van onafhanklikheid met ʼn verskeidenheid speletjies.

Kinders neem deel aan ʼn gladdepaal-klimkompetisie in Medan, Indonesië. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

Vroue hou ʼn bal tussen hul voorkoppe vas tydens die viering van Indonesië se 75ste jaar van onafhanklikheid. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

Vroue is deel van ʼn toutrekkompetisie in Medan, Indonesië. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

Kinders kompeteer in ʼn koekie-eet-kompetisie tydens die land se 75ste onafhanklikheidsfeesvieringe. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fae Fubar ·

Ligte vermaak so tussen al die hartseer nuus. Dankie vir julle daaglikse foto’s, Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.