Die wêreld in foto’s – 17 Februarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

ʼn Beskadigde sneltrein nadat dit Vrydag ʼn bufferblok in Frankfurt, Duitsland, getref het. Die trein was leeg. Foto: Arne Dedert, AP)

wêreld-foto

Die Kanadese premier, Justin Trudeau, het Vrydag in Berlyn ʼn krans gelê by die gedenkteken vir die Joodse menseslagting tydens die Tweede Wêreldoorlog. Trudeau is op ʼn amptelike besoek aan Duitsland. Foto: Kay Nietfeld, AP

Wêreld-foto

Christian Kern (regs), die Oostenrykse kanselier, word deur Aleksandar Vucic, die Serwiese premier, verwelkom tydens ʼn erewag by die Serwië-paleis in Belgrado. Kern is op ʼn amptelike besoek aan dié land. Foto: Darko Vojinovic, AP

wêreld-foto

ʼn Man met ʼn beseerde hand nadat hy ʼn veiligheidsheining wat ses meter hoog is bestorm het om toegang te verkry tot die Spaanse enklawe Ceuta. Honderde migrante het Vrydag probeer om deur te breek na dié Spaanse grondgebied in Noord-Afrika. Foto: Jesus Moron, AP

wêreld-foto

Afgaanse mans hou ʼn hondegeveg dop in dié land se hoofstad, Kaboel. Hondegevegte is ʼn gewilde tydverdryf tydens die wintermaande – veral op Vrydae, die amptelike weeklikse vakansiedag. Foto: Rahmat Gul, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.