Die wêreld in foto’s – 17 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Keiserlike wagte staan gemaskerd in die sneeu by die Gyeongbok-paleis in Seoel, Suid-Korea. Dié paleis was die hooftuiste van die koninklikes tydens die Joseon-dinastie. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

ʼn Afgaanse vlugteling hou ʼn banknoot vas in die Kabobayan-vlugtelingkamp in Pesjawar, Pakistan. Ná 40 jaar woon meer as 1,5 miljoen Afgaanse vlugtelinge steeds in die naburige Pakistan. (Foto: Muhammad Sajjad, AP)

Polio-inentings word aan kinders toegedien in Lahore, Pakistan. Die Pakistanse regering het ʼn polio-inentingsveldtog geloods in ʼn poging om dié siekte onder kinders uit te wis. (Foto: KM Chaudary, AP)

Hardlopers neem deel aan die Kumamoto-kasteelwedloop in dié stad in Japan. Organiseerders van die Tokio-maraton wat op 1 Maart plaasvind, het die aantal deelnemers verminder uit vrees vir die verspreiding van die koronavirus. (Foto: Kyodo News, AP)

ʼn Kasjmirse Moslemvrou, sigbaar bewoë, toe die hoofpriester ʼn relik wat geglo word ʼn baardhaar van die profeet Mohammed is, tentoonstel in die buitewyke van Srinagar, Indië. (Foto: Dar Yasin, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.