Die wêreld in foto’s – 17 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense eet vroegoggend by ʼn stalletjie langs die pad in Indië. Groot dele van dié land word in die wintermaande deur mis bedek wat normale trein-, lug-, en padverkeer ontwrig. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Grigor Dimitrov van Bulgarye Woensdag in aksie teen Mackenzie McDonald van die VSA in hul wedstryd in die tweede ronde van die Australiese Ope in Melbourne. (Foto: Andy Brownbill, AP)

Wolkekrabbers omring deur digte mis in Hefei in China se Anhui-provinsie. ʼn Weerstelsel was Woensdag verantwoordelik vir swaar mis oor die oostelike dele van dié land. (Foto: Guo Chen, Xinhua)

Beamptes van Suid-Korea en die Demokratiese Volksrepubliek van Korea skud blad in Panmunjom tydens ʼn gesprek oor die deelname van atlete van Noord-Korea aan die Olimpiese Winterspele in Seoel. (Foto: Xinhua)

Vegvlieëniers berei voor vir ʼn lugskou wat van 6 tot 11 Februarie in Singapoer aangebied word. (Foto: Then Chih Wey, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bertie ·

Maroela span – plaas interessante foto’s/mense van ons eie land ook asb? ek geniet die foto’s terdee oor ander lande ook. Dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.