Die wêreld in foto’s – 17 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dave Grohl (middel) op die verhoog saam met Metallica se baskitaarspeler, Robert Trujillo (links), en Audioslave se Brad Wilk (bo) en Tom Morello (regs), gedurende die “I Am The Highway: A Tribute to Chris Cornell”-vertoning by The Forum in Inglewood, Kalifornië. (Foto: Chris Pizello, AP)

Roemenië se Simona Halep speel ʼn rughandhou teen die Amerikaner Sofia Kenin in hul wedstryd in die tweede ronde van die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne, Australië. (Foto: Aaron Favila, AP)

Duitse wetgewers woon ʼn spesiale parlementêre sessie by in die Reichstag in Berlyn, Duitsland, ter viering van 100ste herdenking van stemreg vir vroue in Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Patrick Shanahan (links), waarnemende Amerikaanse minister van verdediging, verwelkom die Japanse minister van verdediging, Takeshi Iwaya, by die Pentagon in Arlington, VSA. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Lindsey Vonn, die Amerikaanse skiër, tydens ʼn oefensessie vir die wêreldski-kampioenskap vir vroue in Cortina d’Ampezzo, Italië. (Foto: Alessandro Trovati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.