Die wêreld in foto’s – 17 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pikkewyne swem in ‘n watertenk op die dak van ‘n akwarium in Tokio (Foto: Koji Sashara, AP)

Renan Souza en Giovana Stephan van Brasilië in aksie tydens die Wêreldswemkampioenskap in Boedapest, Hongarye. (Foto: Zsolt Czegledi/MTI, AP)

Veiligheidsbeamptes en vrywilligers versamel bewyse op die toneel van ‘n selfmoordbomaanval in Pakistan. Die aanvaller het ʼn voertuig geteiken met militêre beamptes van Pakistan waarin verskeie beamptes hul lewe verloor het en sewe soldate gewond is. Die Taliban het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. (Foto: Muhammad Sajjad, AP)

Twee voetgangers deel ‘n sambreel in die reën in Nieu-Delhi, Indië. Dit is nou die moesonreënseisoen in Indië tot en met einde September. (Tsering Topgyal, AP)

ʼn Ontwortelde boom ná afloop van ʼn tropiese storm in Viëtnam. Dit is die tweede tropiese storm wat Viëtnam vanjaar getref het en minstens een persoon is dood terwyl talle mense vermis word. (Foto: Xinhua/VNA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.