Die wêreld in foto’s – 17 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Joernaliste besoek Dinsdag ’n slalom-kanoe-baan wat onder konstruksie is tydens ʼn mediabesoek aan die 2020 Tokio Olimpiese Spele-terrein in Tokio. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Mense vergader Dinsdag by die “Kerk op die Bloed” wat opgerig is op die plek waar tsaar Nicholas II en sy familie tereggestel is in Jekaterinburg, Rusland. Duisende pelgrims het ʼn optog begin wat saamval met die 100ste herdenking van dié teregstellings. Rusland se laaste tsaar, sy vrou en vyf kinders is deur Bolsjewistiese soldate in Jekaterinburg tereggestel, 18 maande nadat Nicholas tydens die 1917-rewolusie geabdikeer het. (Foto: Anton Basanaev, AP)

ʼn Seuntjie vang waterdruppels in ʼn oorstroomde dorpie in Navotas in Manila in die Filippyne. Skoolonderrig en arbeid in sekere gebiede is tydelik opgeskort weens swaar reën wat deur ʼn tropiese storm veroorsaak word en steeds tot oorstromings in Manila en ander dele van die land lei. (Foto: Aaron Favila, AP)

Toeriste neem Dinsdag ’n foto voor die Tirrheense See-fontein in Rome. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Brittanje se prins Harry en sy vrou, Meghan, die hertogin van Sussex, daag Dinsdag by die bekendstelling van die Nelson Mandela-eeufeesuitstalling op in die Queen Elizabeth-saal in Londen. (Foto: Matt Dunham, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.