Die wêreld in foto’s – 17 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Kind kyk na die kamera terwyl haar ouers by ʼn immigrasiesentrum by die International Bridge1in Nuevo Laredo, Mexiko, wag. (Foto: Marco Ugarte, AP)

Noord-Koreane hou kaarte in die lug om ʼn beeld te vorm van ʼn werker en ʼn boer tydens ʼn massaspele-vertoning van “The Land of the People” by die May Day-stadion in Pyongyang, Noord-Korea. (Foto: Vincent Yu, AP)

Philadelphia Phillies se Bryce Harper (links) in aksie teen die Los Angeles Dodgers se Walker Buehler tydens die tweede beurt van die bofbalwedstryd in Philadelphia. Regs is die vanger Austin Barnes. (Foto: Matt Slocum, AP)

Betogers versper ʼn pad aan die voet van Hawaii se hoogste berg in Mauna Kea. Betogers het bymekaar gekom om teen die oprigting van ʼn reuseteleskoop te betoog omdat hulle die plek waar die teleskoop opgerig word, as heilig beskou. (Foto: Caleb Jones, AP)

Emmy-beeldjies staan op die verhoog uitgestal voor die aanvang van die 71ste Primetime Emmy Nominasie-aankondigings by die Television Academy’s Saban Media Center in Los Angeles. (Foto: Richard Shotwell, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LouE ·

Nie een van die kaarte is uit pas uit nie. Dit is ‘n teken van baie hoe dissipline. Mens moet altyd respek he en versigtig wees vir mense met hoe dissipline.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.