Die wêreld in foto’s – 17 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die uitbreking van Covid-19 het onlangs talle toeristebestemmings in spookdorpe verander, insluitend “die stad wat nooit slaap nie”. Sedert New Yorkse owerhede stappe gedoen het om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, is dié stad egter vas aan die slaap. Só lyk New York nadat die virus burgers sowel as besoekers afgeskrik het.

ʼn Handjievol pendelaars maak gebruik van ʼn duikweg in die Brooklyn-buurt. (Foto: John Minchillo, AP)

Die Oculus by die World Trade Center se vervoerkern is eweneens yl bevolk. (Foto: Mark Lennihan, AP)

Enkele toeriste neem foto’s op die Brooklyn-brug. (Foto: Mark Lennihan, AP)

Besoekers aan die Grand Central-stasie is yl gesaai. (Foto: John Nacion, AP)

Die trappe van die Metropolitan-kunsmuseum in New York is verlate. (Foto: John Nacion, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Belinda ·

Sjoe dit sou lekker gewees het, dan was verdwaal min….. Die Grand Central lyk fantasties.

A.S ·

Wonder wanneer kry ons weer ‘n update, mens is te bang om te glo dat ons van gister af nogsteeds net op 62 staan? Sal wonderlik wees indien geen nuwe positiewe gevalle aangemeld is nie..

Jaco ·

Dis wat ek ook gedink het…op die world meter verspry die virus die stadigste hierso….kan dit wees, of is daar dalk hordes gevalle waarvan niemand weet nie?

Carina ·

Dis skokkend om dit so te sien en die uitwerking op die ekonomie gaan nog lank na die pandemie gevoel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.