Die wêreld in foto’s – 17 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

1. Prins William saam met die ontwerper, Ralph Lauren en die hoof van die Royal Marsden NHS-stigting se navorsingsentrum, Professor Mitch Dowsett, in Londen by die stigting se nuwe sentrum vir kankernavorsing. Foto: Dominic Lipinski/Pool via AP/wire.africannewsagency.com

2. Vakbondlede protesteer in Parys, Frankryk, oor werksure. Foto: AP Photo/Christophe Ena/ wire.africannewsagency.com

3. Die argeoloog, John Quarrell, grawe die oorskot van Shakespeare se Curtain-teater in Shoreditch, Londen, uit. Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth/ wire.africannewsagency.com

4. Kunstenaars oefen vir ʼn opvoering by die First World-konferensie in Beijing, China. Foto: Ng Han Guan/ wire.africannewsagency.com

5. Saori Kimura van Japan slaan die bal tydens ʼn vlugbal-uitdunrondte teen Suid-Korea vir die Olimpiese Spele. Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi/ wire.africannewsagency.com

6. Die wêreld se grootste passasierskip, Harmony of the Seas, wat deur Royal Caribbean besit word, dok in Southampton, Engeland. Foto: Andrew Matthews/PA via AP/ wire.africannewsagency.com

7. ʼn Man van Sri Lanka loop in ʼn straat in Colombo wat oorstroom het na hewige reën. Foto: Eranga Jayawardena/ wire.africannewsagency.com

8. ʼn Man help ʼn bejaarde en meisie na die vloede in Sri-lanka. Foto: Eranga Jayawardena/ wire.africannewsagency.com

9. Studente van die Sima-laerskool oefen sokker in Xiaoyi City, in China se Shanxi-provinsie. Foto: Xinhua/Zhan Yan wire.africannewsagency.com

10. Kinders van Manila in Filippyne bad in plastiekhouers vol water wat met die hand gepomp is. Foto: Aaron Favila/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae