Die wêreld in foto’s – 17 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Palestynse familie van Mohammed Bakr rou tydens sy begrafnis in Gasastad. Dié visserman is deur Israelse polisiebeamptes doodgeskiet toe hy saam met ander vissermanne vis gevang het in die Gasastrook-see. Ses ander vissermanne is hegtenis geneem. Foto: Wissam Nassar, Xinhua

Mense in Sanaa, Jemen, kry skoon water van ʼn watertrok wat geskenk is. Besmette water is die rede vir die cholerakrisis in dié land. Daar is ongeveer 11 000 gevalle en 187 sterftes tot dusver. Foto: Mohammed Mohammed, Xinhua

Vissermanne van Rongcheng vervoer seewier na die hawe in China se Shandong-provinsie. Dit is tans die seisoen vir dié tipe seewier. Foto: Wang Fudong, Xinhua

Die opgewondenheid was groot by die Fairleigh Dickinson Universiteit toe die sanger Bon Jovi op die verhoog stap vir ʼn optrede tydens dié universiteit se gradeplegtigheid. Die universiteit het ʼn landwye kompetisie gewen toe hulle die meeste reaksie op sosiale media kon uitlok om dié sanger by hul gradeplegtigheid te kry. Foto: Julio Cortez, AP

Sosaties word by ʼn nagmark in Hotan in die outonome streek Xinjiang Uygur in China verkoop. Foto: Zhao Ge, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Dankie Maroela, dat julle ons wys wat erens in die wereld ook aangaan. Mens raak moeg vir die kommentare oor dinge waarvan mense niks weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.