Die wêreld in foto’s – 17 Mei 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Aanhangers wat buite Windsor-kasteel in Windsor, Engeland, oornag het, poseer Donderdag vroegoggend vir ʼn foto in die aanloop tot prins Harry en Meghan Markle se troue. Dié dorp is besig met voorbereidings vir die koninklike troue wat Saterdag plaasvind. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

Wetgewers van die Indiese nasionale kongres en Janata Dal, ʼn sekulêre alliansie, Donderdag met die hande omhoog by ʼn standbeeld van Mahatma Gandhi tydens ʼn betoging teen die inswering van BS Yeddyurappa, leier van die Bharatiya Janata-party, as hoofminister van die Karnataka-staat in Bangalore, Indië. Die Indiese premier, Narendra Modi, se Hindoe-nasionalistiese party het Donderdag ʼn einde gebring aan die regering van die Kongresparty in ʼn belangrike suidelike staat beëindig, maar sy oorwinning is versuur deur vrae oor wie die reg het om die regering te vorm. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

ʼn Gelowige dra ʼn kruis met ʼn plastieksak daaroor om dit teen die reën te beskerm terwyl hy aan ʼn pelgrimstog in Niedertraubling, Duitsland, deelneem. Dié tog van 111 km strek van Regensburg tot Altoetting. (Foto: Peter Kneffel, AP)

ʼn Vrou loop Donderdag met haar kind in die vissersdorp Kbal Chroy op die Mekong-rivieroewer naby Phnom Penh in Kambodja. ʼn Chinees gesteunde plan vir Kambodja om die grootste dam in die Mekongrivier te bou, sal visserye vernietig wat aan miljoene mense kos verskaf en spanning met Viëtnam vererger. Volgens ʼn studie wat drie jaar geduur het, in opdrag van die Kambodjaanse regering, het Viëtnam die meeste om te verloor in die ontwikkeling van damme in dié waterweg. (Foto: Heng Sinith, AP)

Boere neem Donderdag deel aan ʼn optog teen die Mumbai-Ahmadabad-hoëspoed-spoorwegprojek in Mumbai, Indië. Die boere het teen die verkryging van grond vir dié projek betoog. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.