Die wêreld in foto’s – 17 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Ondersteuners van selfdegeslaghuwelike juig buite die Wetgewende Yuan in Taipei, Taiwan, nadat selfdegeslaghuwelike vir die heel eerste keer in Asië gewettig is. Paartjies van dieselfde geslag geniet nou volle huweliksregte, insluitend op gebiede soos belasting, versekering en kinderopvoeding. (Foto: Chiang Ying-ying, AP)

Aktiviste plaas ’n lewensreddingsbaadjie op die ikoniese “Molecule Man”-standbeeld in Berlyn, Duitsland. Betogers het hierdie 100 voet hoë kunswerk uitgeklim ter bewusmaking van die gevaarlike lot van migrante wat poog om die Middellandse See na Europa oor te steek. (Foto: Michael Sohn, AP)

Die Sjinees-Amerikaanse argitek, IM Pei, glimlag vir ’n fotogeleentheid voor die Louvre-piramide, wat hy ontwerp het. Hierdie foto is op 29 Maart 1989 geneem net voor die inhuldiging van die piramide. Pei is in die ouderdom van 102 oorlede. (Foto: Pierre Gleizes, AP)

’n Man ry op sy fiets verby verkiesingsplakkate in Mechelen, België. Ongeveer 400 miljoen Europeërs van 28 lande gaan van 23 tot 26 Mei stem vir wetgewers wat hulle vir die volgende vyf jaar in die Europese Parlement moet verteenwoordig. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Pentatonix tree op by The Forum in Inglewood, Kalifornië. (Foto: Willy Sanjuan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.