Die wêreld in foto’s – 17 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Ondersteuners van die Suid-Koreaanse pres. Park Geun-hye besig om Donderdag te betoog teen haar bedanking. Park kan moontlik ondervra word oor gerugte dat sy ʼn vertroueling toegelaat het om onder ʼn dekmantel mag uit te oefen en manipulerend op te tree. Foto: Ahn Young-joon, SP

wêreld-foto

ʼn Soldaat vroeër die week besig om deel te neem aan ʼn militêre offensief teen Taliban-militante in die noorde van Afganistan se Kunduz-provinsie. Foto: Ajmal Kakar, Xinhua

wêreld-foto

ʼn Siamese vegvis met kleure wat lyk soos dié van Thailand se nasionale vlag het opslae op sosiale media veroorsaak toe dit Donderdag vir ʼn rekordbedrag van 53,500 baht (sowat R21 800) verkoop is tydens ʼn private visveiling. Foto: Chuchat Lekdeangyu, AP

wêreld-foto

ʼn Staljong naby die piramides van Giza in Egipte hou ouer toergidse in die oog. Dié land sit met ʼn groot buitelandse valuta-tekort as gevolg van die hoë inflasiekoers, werkloosheid en ʼn tanende toerismebedryf. Foto: Nariman El-Mofty, AP

wêreld-foto

Op die eerste dag van die tweede kriekettoets tussen Indië en Engeland in die Indiese stad Visakhapatnam het ʼn hond Donderdag die spel tydelik onderbreek. Veldpersoneel het oubaas se honne met ʼn skoen probeer verjaag. Foto: Aijaz Rahi, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Loeis ·

Die Suid-Koriaanse president “…kan moontlik ondervra word oor gerugte dat sy ‘n vertroueling toegelaat het om onder ‘n dekmantel mag ui te oefen en manipulerend op te tree.”

Sjoe, dit klink baie bekend. En sy bedank agv daarvan. Dit klink nie bekend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.