Die wêreld in foto’s – 17 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Xi Jinping van China en pres. Juan Carlos Varela van Panama tydens ’n verwelkomingseremonie in Beijing. Varela is op sy eerste staatsbesoek in China sedert Panama Vrydag bande met Taiwan verbreek het. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Pres. Robert Mugabe verskyn vir die eerste keer in die openbaar by ʼn gradeplegtigheid van die Zimbabwe Open University sedert die weermag hom vroeër vandeesweek onder huisarres geplaas het. (Foto: Ben Curtis, AP)

Andreas Mikkelsen van Noorweë en sy medebestuurder, Anders Jaeger-Synnevaag, jaag om ʼn hoek tydens die Rally of Australia (Foto: Jeremy Rogers, AP)

ʼn Vrou plaas rose op kiste by die begrafnis van 26 Nigeriese vroue by die Salerno-begraafplaas in Italië. Die vroue is verlede week dood terwyl hulle probeer het om die Mediterreense see oor te steek om Italië te bereik (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ʼn Nepalese vrou strooi sewe verskillende grane tydens die Bala Chaturdashi-fees – ʼn fees ter herinnering aan gesinslede wat oorlede is. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.