Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Soldate van die Afghaanse nasionale weermag deursoek Woensdag ʼn motor by ʼn beheerpunt in aanloop tot die parlementêre verkiesings op 20 Oktober in Kaboel, Afghanistan. (Foto: Rahmat Gul, AP)
ʼn Man betoog Woensdag voor die parlement in Londen. Brittanje se eerste minister, Theresa May, sal later na Brussel gaan om met Europese Unie-leiers byeen te kom. (Foto: Frank Augstein, AP)
ʼn Man smeer Woensdag die bloed van ʼn geofferde buffel aan ʼn meisie se voorkop by ʼn tempel van die Hindoe-godin Durga in die dorpie Rani aan die buitewyke van Gauhati, Indië. Deelnemers aan die vyfdaagse Durga Puja-fees glo dié offerande bring voorspoed en gesondheid. (Foto: Anupam Nath, AP)
Angela Merkel, die Duitse kanselier, woon Woensdag ʼn vergadering by van die Duitse federale parlement, Bundestag, by die Reichstag-gebou in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)
Giuseppe Conte, die Italiaanse premier, en die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, gaan Woensdag ’n erewag na by die Chigi-paleis se premierskantoor in Rome. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)
Ek wens die Duitsers kry Merkel uit die kussings gelig!