Die wêreld in foto’s – 17 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het die 17de skof van die Tour de France-fietsren Woensdag afgeskop.

Vermaaklikheidskunstenaars geklee soos fietsryers trap vervaard tydens die 17de skof van die Tour de France-fietsren. (Foto: Christophe Ena, AP)

ʼn Fiets word gebruik om die hoogte van die Col de la Loze-bergpas – naby die eindstreep van die 17de skof van die Tour de France-fietsren – aan te dui. (Foto: Benoit Tessier/Pool, AP)

Toeskouers juig fietsryers toe terwyl hulle die Loze-bergpas uittrap. (Foto: Christophe Ena, AP)

Fietsryers in enkelgelid tydens die 17de skof van die Tour de France-fietsren. (Foto: Christophe Ena, AP)

Frankryk se Julian Alaphilippe slaak oënskynlik ʼn sug van verligting toe hy die wenstreep van die 17de skof van die Tour de France-fietsren oorsteek. (Foto: Stuart Franklin/Pool, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.