Die wêreld in foto’s – 18 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Herrmann, ʼn labrador, speel in die sneeu by die Grosse Feldberg naby Schmitten in Duitsland. (Foto: Frank Rumpenhorst/dpa via AP)

Vroue werk buite ʼn winkel wat sakke maak in Dagongdian in China se noordelike provinsie, Hebei. (Foto: Xinhau/Li Xiaoguo)

ʼn Vrou ry met haar fiets deur ʼn veld vol rape in Frankfurt, Duitsland. (Foto: AP Photo/Michael Probst)

Werkers installeer drade op ʼn struktuur genaamd die ‘Golden Bridge of Silk Road’ op ʼn plein by die nasionale konferensiesentrum in Beijing. Leiers van 28 lande gaan president Xi Jinping se plan rakende buitelandse sake aanhoor, maar min verteenwoordigers van Westerse lande gaan dié Chinese beraad bywoon. (Foto: AP Photo/Andy Wong.)

’n Gesondheidswerker in die buitewyke van Kaboel in Afganistan ent kinders in as deel van ’n veldtog om polio te voorkom. (Foto: AP Photo/Rahmat Gul)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannah ·

Hoe wens ek dat ek die ou dogtertjie net bietjie kan vashou. Sy lyk so stowwerig en verwaarloos.

Daan Venter ·

Jy praat! Alle kinders floreer op drukkies en lekker eetgoedjies en speelgoed -al is dit flenters!Ek bekyk ons Afrikaanse bedorwe “kids” (mos die nuwe naam) by die skoolsnoepie, in die winkelsentrums se eetplekke en selfs in hulle ouerhuise – ondankbaar en deur hulle ouers bederf en verpiep. Bid dat ons nie ‘n Zimbabwestaat word nie – hulle sal vrek van ellende!

Zumie ·

Aan die ander kant is daar die kinders van die wit plakkerskampe (wat daagliks meer word) sonder kos, hoop en skool….

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat word meer. Die plakkerskampe of die kinders. As dit die kinders is gaan dit my verstand te bowe dat mense net meer en meer kinders maak wanneer hul minder en minder vir hulle kan sorg. So word ‘n sirkel geskep. Is daar nie dalk mense wat daarvan HOU om armlastig te wees nie? Is dit nie makliker om te bedel as om te werk en verantwoordelikheid te he nie? Hierop kan ek antwoord want ek het ondervinding gehad om sulke mense te probeer help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.