Die wêreld in foto’s – 18 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kinders sit op ʼn tenk voor die viering van die jaarlikse gedenkdag ter nagedagtenis van gesneuwelde soldate en slagoffers van terreur by die gedenkteken vir gewapende magte in Latrun, Israel. (Foto: Ariel Schalit, AP)

Biskoppe staan Woensdag tou om pous Franciskus te groet tydens sy weeklikse oudiënsie in die St. Petrus-kerk in die Vatikaanstad. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Deelnemers klim Woensdag die Rosablanche-piek uit tydens die 21ste Glacier Patrol-wedloop in die berge tussen Zermatt en Verbier in Switserland. Dié wedloop, georganiseer deur die Switserse weermag, het op 17 April begin en duur tot 21 April. (Foto: Jean- Christophe Bott, AP)

Leerders neem deel aan ʼn sokkeroefening by die Yiyanglu-skool in Qingdao in China se Shandong-provinsie. (Foto: Wang Haibin, Xinhua)

Aktrises tree tydens ʼn aanbiddingseremonie in Zhengzhou in Sentraal-China se Henan-provinsie op ter ere van die land se legendariese voorouer, Huangdi, oftewel die Geel Keiser. (Foto: Zhu Xiang, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.