Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van die Covid-19-pandemie bied die Joodse museum in Berlyn, Duitsland, ʼn uitstalling aan van waardevolle artikels waarop tydens die Tweede Wêreldoorlog beslag gelê is asook ʼn versameling wetgewing en regulasies wat die lewe van Jode aan bande gelê het.
Dié items is deel van die nuwe uitstalling, “Joodse lewe in Duitsland: Verlede en hede”, in dié museum.

ʼn Uitstalling as deel van die “Joodse lewe in Duitsland: Verlede en hede”. Dié uitstalling open op 23 Augustus. (Foto: Michael Sohn, AP)

Een van die vertrekke in die Joodse museum in Berlyn wat ingerig is vir die uitstalling “Joodse lewe in Duitsland: Verlede en hede”. (Foto: Michael Sohn, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
OY VEY GOYIM
Die 962 wette wat die Nazi regering van Hitler gedurende die 1930/40’s teen Jode ingestel het, was om n sekere ras te verhoed om n bestaan te maak. Huidige BBEEE wetgewing in ons land het die edele doel om voorheen benadeeldes te bevoordeel, maar helaas, het soortgelyke gevolge soos die destydse Nazi-wette. Ek mag nie met die regering besigheid doen tensy my mky n meerderheids swart besit is nie, ek mag nie my skool of provinsie of nasionale span verteenwoordig indien dit nie aan voorgeskrewe kwotas voldoen nie. Indien die EFF aan bewind kom sal alle grond onteien word, sonder… Lees meer »