Die wêreld in foto’s – 18 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Christian Kern (links), uitgaande kanselier van Oostenryk, skud blad met sy opvolger, Sebastian Kurz, ná die inhuldigingseremonie van die nuwe Oostenrykse regering in Wene, Oostenryk. (Foto: Ronald Zak, AP)

Ondersteuners van Indië se regerende Bharatiya Janata-party vier hul party se sege in die verkiesing van Gujurat se wetgewende vergadering in Gandhinagar, Indië. (Foto: Ajit Solanki, AP)

’n Vrou staan by haar winkel terwyl vulkaniese as deur die Berg Sinabung-vulkaan in Karo, Noord-Sumatera, Indonesië bars. Dié vulkaan is aktief sedert ’n onlangse uitbarsting in 2010. (Foto: Xinhua/Alberth Damanik)

Veiligheidsmagte by die toneel van ’n voorval tussen gewapende mans en veiligheidsmagte in Kabul, Afghanistan. Gewapende mans het op ’n halfklaargebou naby ’n intelligensie-opleidingsentrum losgebrand wat tot ’n skietgeveg gelei het. (Foto: Massoud Hossaini, AP)

Mense van die Dong-etniese groep dans gedurende die Sama-fees in die dorpie Sanbao Dong in China se Guizhou-provinsie. Sama is die naam van ’n heldin vanuit die Dong-mense se antieke samelewing. Dié fees word gehou ter herdenking van hul voorvaders. (Foto: Xinhua/Yang Ying)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.