Die wêreld in foto’s – 18 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Siriese seun hou ’n Kersvader-speelding vas by ’n mark in die ou stad Damaskus in Sirië. (Foto: Ammar Safarjalani, Xinhua)

’n Duiker in ’n Kersvader- en Rudolph-kostuum geklee, swem Dinsdag tussen sardiens by die Coex-akwarium in Seoul, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Yao Ming, die voormalige NBA-basketbalspeler, vertrek Dinsdag na ’n konferensie om die 40ste herdenking van China se hervorming en openingsbeleid by die Groot Saal van die Mense in Beijing te herdenk. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Die ses maande oue tierwelpie Makari speel Dinsdag met ’n Kerskous by die Whipsnade-dieretuin in Dunstable, Engeland. (Foto: Joe Giddens, AP)

Ilka Stuhec van Slowenië neem Dinsdag deel aan die wêreldbeker-skitoernooi in Val Gardena, Italië. (Foto: Marco Trovati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.