Die wêreld in foto’s – 18 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Kat kyk vir die kamera gedurende ’n katteskou in Warskou, Pole. (Foto: Jaap Arriens, Xinhua)

Modelle in skeppings by die Ashish-modeparade gedurende die Londen-modeweek 2019 in Londen, Brittanje. (Foto: Han Yan, Xinhua)

Mense wag vir die openingsvertoning van die Venesië-karnaval in Venesië, Italië. Die karnaval het Saterdag afgeskop en sal tot 5 Maart voortduur. (Foto: Cheng Tingting, Xinhua)

Hardlopers neem in hul onderklere deel aan die Cupid’s Undie Run, ’n geldinsameling vir navorsing oor neurofibromatose (NF) in Chicago, VSA. (Foto: Wang Ping, Xinhua)

Team LeBron se LeBron James van die Los Angeles Lakers mik vir die korf in die eerste helfte van ’n NBA All-Star-basketbalwedstryd teen Team Giannis in Charlotte, Noord-Carolina. Team LeBron het ’n oorwinning van 178-164 behaal. (Foto: Bob Donnan, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.