Die wêreld in foto’s – 18 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ryan Newman (6) bots teen ʼn medemotoris tyens die laaste rondte van die Nascar Daytona 500-motorwedren op die Daytona Internasionale Snelbaan in Daytona Beach, Florida. (Foto: David Graham, AP)

Die Kremlin in Zaryadye Park in Moskou, Rusland, is versier met ballonne. Die inwoners van dié hoofstad beleef ʼn buitengewone warm winter met temperature van ongeveer 6 °C. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

ʼn Verpleegster by die Jinyintan-hospitaal in Wuhan, China, het littekens weens die langdurige dra van ʼn beskermende masker tydens die behandeling van die koronavirus Covid-19. (Foto: Chinatopix, AP)

Joernaliste verfilm die ontspanningskip Diamond Princess by die Jokohama-hawe naby Tokio. Passasiers sal vanaf Woensdag van dié skip aan wal mag stap nadat dit vir 14 dae in kwarantyn geplaas is. (Foto: Koji Sasahara, AP)

ʼn Diereregte-aktivis gooi swart slym oor haar kop voor die Duomo- gotiese katedraal in Milaan, Italië, in protes teen die giftige afval wat die leerbedryf lewer. (Foto: Luca Bruno, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.