Die wêreld in foto’s – 18 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Israeliese troepe patrolleer die strate van die stad Jenin in die noordelike Wesbank. Die Israeliese polisie sê spesiale magte het ʼn Palestynse skieter in die Wesbank vermoor wat vroeër vandeesmaand ʼn Israeliet doodgeskiet het. (Foto: AP Foto / Majdi Mohammed)

Die Indiese weermag berei met gepantserde voertuie voor vir die optog wat jaarliks op Republiekdag (26 Januarie) in Nieu-Delhi, Indië, plaasvind. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Die uitsig van die baan by die ski-wêreldbeker vir vroue wat tans in Italië plaasvind. (Foto: Alessandro Trovati,AP)

ʼn Vragmotor bestuur op die pad by die grens van Skotland. Polisie het motoriste vroeër gewaarsku om versigtig te bestuur vanweë ongure weersomstandighede. (Foto: Andre Milligan, AP)

Duitsland se Maximilliam Marterer vier sy oorwinning teen Spanje se Fernando Verdasco tydens die Australiese Ope in Melbourne. (Foto: Ng Han Guan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Barend ·

“‘n Vragmotor bestuur op die pad” – wat sou dit beteken?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.