Die wêreld in foto’s – 18 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Britse parlementsgebou vroegoggend in silhoeët in Londen. Toonaangewende ekonome het gewaarsku dat die Britse ekonomie swaar gaan trek as dié land die Europese Unie (EU) sonder ʼn ooreenkoms verlaat. (Foto’s: Tim Ireland, Xinhua)

Spirit of Ecstasy, die neusbeeld op ʼn Rolls-Royce Dawn by die Dream Cars-uitstalling tydens die 97ste Brusselse motorskou in Brussel, België. Dié skou begin op 19 Januarie en 40 luukse motors is ingesluit. (Foto: Zheng Huansong, Xinhua)

Kanada se Denis Shapovalov kom ʼn 14 week oue hondjie van Guide Dogs Victoria by die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne teë. Shapovalov gaan Saterdag Serwië se Novak Djokovic in die derde ronde die stryd aansê. (Foto: Fiona Hamilton, Tennis Australia via AP)

Mitsubishi Motors se uitvoerende hoof, Osamu Masuko, stap uit ná ʼn mediakonferensie by die maatskappy se hoofkantoor in Tokio. Masuko sê die raad van dié Japanse voertuigmaatskappy het vergader om nuwe bewerings van oortredings deur die voormalige voorsitter, Carlos Ghosn, te bespreek. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Die Oklahoma City Thunder-span se Steve Adams (middel) en Los Angeles Lakers se Josh Hart (regs) in aksie tydens die tweede helfte van ʼn NBA-basketbalwedstryd in Oklahoma City. (Foto: Sue Ogrocki, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.