Die wêreld in foto’s – 18 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense neem deel aan ’n saamtrek ter ondersteuning van die Turkse president Recep Tayyip Erdogan by die Ataturk-lughawe in Istanboel, Turkye. Turkye se minister van buitelandse sake het Sondag in ʼn verklaring gesê dat minstens 290 mense dood is in die mislukte staatsgreep, terwyl meer as 6 000 verdagtes tot dusver in hegtenis geneem is weens hul betrokkenheid by die daad. Foto: Xinhua/He Canling/wire.africannewsagency.com

Wetstoepassingsbeamptes bedrywig by die B-Quik-vulstasie waar verskeie polisiebeamptes Sondag in Baton Rouge, Louisiana, vermoor is. Foto: Curtis Compton/Atlanta-Journal Constitution via AP/wire.africannewsagency.com

Chris Rhoads, voormalige hoofbestuurder van vlugkelners en lugwaardinne vir die TWA-lugredery, ervaar  ʼn emosionele oomblik by ʼn gedenkmuur tydens die 20ste herdenking van die TWA-vliegramp (vlug 800) by die Smith Point County Park in Shirley, New York. Familie en vriende van die 230 oorledenes wat omgekom het toe dié TWA-vliegtuig onderweg na Parys op 17 Julie 1996 bo Long Island ontplof het, het byeengekom om die ramp te herdenk. Foto: AP Photo/Kathy Kmonicek/wire.africannewsagency.com

Suid-Koreane vertoon plakkate en ʼn landsvlag tydens ʼn samekoms ter ondersteuning van die plan om die VSA se missiel-afweerstelsel THAAD (Terminal High-Altitude Area Defense) te installeer in Seoel, Suid-Korea. Seoel-amptenare het Woensdag afgekondig dat die gevorderde missiel-afweerstelsel in ʼn afgeleë plaasdorpie in die suidoostelike deel van Suid-Korea ontplooi sal word. Die aankondiging het woedende reaksies van Noord-Korea én China ontlok, asook van die inwoners van die dorp waar die stelsel ontplooi gaan word. Hulle vrees dat die stelsel potensiële gesondheidsgevare inhou. Die plakkate lui: “NEE, Noord-Korea se kernwapens; JA, THAAD!” Foto: AP Photo/Lee Jin-man/wire.africannewsagency.com

SpaceX Falcon 9 word vanaf Kaap Canaveral  gelanseer, soos gesien vanaf Woodside Park in Viera, Florida. Foto: Tim Shortt/Florida Today via AP /wire.africannewsagency.com

SpaceX Falcon 9 word vanaf Kaap Canaveral gelanseer, soos gesien vanaf Woodside Park in Viera, Florida. Foto: Tim Shortt/Florida Today via AP
/wire.africannewsagency.com

J.B. Mauney, van Noord-Carolina, VSA, word van ʼn bul afgegooi tydens die rodeo-semifinaal van die Calgary Stampede-byeenkoms in Calgary, Alberta. Foto: Jeff McIntosh/The Canadian Press via AP/wire.africannewsagency.com

Matt Hall van Australië neem deel aan die finale ronde van die Red Bull Air Race-wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye. Hall het derde plek in die wedren behaal. Foto: Xinhua/Csaba Domotor/wire.africannewsagency.com

Jong mense in Estlandse volksdrag dans tydens die “Dae van Dans”, ʼn internasionale dansfees in Narva-Joesuu, Estland. Dansers vanaf België, Rusland en Estland het verskeie dansvorme tydens die fees gedemonstreer. Foto: Xinhua/Sergei Stepanov/wire.africannewsagency.com

Uitvoerende kunstenaars neem deel aan die groot parade van die Edinburgse 2016-feeskarnaval in Edinburg, Skotland. Die karnavaloptog is die begin van die Edinburgse somerfeesseisoen, ’n reeks feeste in en om Edinburg. Foto: Xinhua/Guo Chunju /wire.africannewsagency.com

Pikachu word deur kinders omring tydens ʼn Pokemon-fees in Tokio, Japan. Die geleentheid, ter ere van die pas vrygestelde Pokemon-rolprent, duur tot die einde van Augustus. Foto: AP Photo/Koji Sasahara/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Juan Olivier ·

Dis hartseer dat die Turkye se terroristiese regering nie uitgeskop was nie. Nou gaan hulle net aanhou om ISIS te ondersteun en baie meer terreur aanvalle gaan volg. Die wêreld moet sanksies op Turkye plaas vir hulle ondersteuning van ISIS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.