Die wêreld in foto’s – 18 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vissermanne dra hul boot tot op die strand nadat dit gebreek het in onstuimige vloedwaters weens ’n tropiese storm wat vir die tweede dag in Bacoor, suid van Manila, Filippyne, woed. Volgens plaaslike owerhede is skole en sekere werksplekke in regeringskantore vir tyd en wyl gesluit. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach van Duitsland, neem Woensdag ʼn minuut van stilte vir die 100ste herdenking van Nelson Mandela se verjaarsdag voor die opening van die Internasionale Olimpiese Komitee se direksievergadering in Lausanne, Switserland. (Foto: Jean-Christophe Bott, AP)

Dimitris Vitsas, die Griekse migrasieminister, praat Woensdag tydens ʼn mediakonferensie in Athene. Vitsas waarsku dat hoofstroom- politieke partye oor die hele Europa heen ʼn xenofobiese agenda aanvaar om kiesersondersteuning te handhaaf. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Lee Westwood van Engeland speel Woensdag sy 10de putjie tydens ʼn oefenronde voor die Britse Ope-gholfkampioenskap in Carnoustie, Skotland. (Foto: Jon Super, AP)

Slowakye se Peter Sagan in die groen trui ry Woensdag by Montee de Bisanne tydens die 11de ronde van die Tour de France-fietswedren wat oor 108,5 km strek. Dié ronde begin in Albertville en eindig in La Rosiere Espace San Bernardo, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.