Die wêreld in foto’s – 18 Junie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Angela Merkel, die Duitse kanselier, woon Maandag ʼn leiersvergadering by van die Christelik-Demokratiese Unie (CDU) by dié party se hoofkantoor in Berlyn. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Deelnemers neem Maandag deel aan ʼn draakbootwedren ter viering van die Chinese Draakbootfees wat in Hongkong gehou word. Draakbootwedrenne word gehou ter herinnering aan Chu Yuan, ʼn ou Chinese geleerde en staatsman wat in 277 v.C. verdrink het terwyl hy korrupsie in die regering veroordeel het. (Foto: Vincent Yu, AP)

Die kunstenaar Christo woon Maandag die bekendstelling van sy eerste Britse buite-uitstalling, The London Mastaba, by op die Serpentine-meer in Hyde Park, Londen. Dié beeldhouwerk bestaan uit 7 506 horisontaal gestapelde vate op ʼn drywende platform in die meer. (Foto: Dominic Lipinski, AP)

ʼn Sweedse sokkerondersteuner waai met sy aankoms by die Nizhny Novgorod-stadion in Nizhny Novgorod, Rusland, vir die wedstryd tussen Swede en Suid-Korea by die 2018-Wêreldbekersokkertoernooi. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

Suster Patricia Fox, ’n Australiese Rooms-Katolieke non, hou haar duim omhoog met haar aankoms by ʼn diens by die Black Nazarene Basilika in Manila in die Filippyne op die negende dag sedert die moord op die Rooms-Katolieke priester, vader Richmond Nilo. Die Filippynse regsekretaris het Maandag ʼn immigrasie-uitsettingsbevel vir Fox teruggetrek ondanks die Filippynse president se ontevredenheid met haar. Fox het politieke byeenkomste bygewoon en moontlike uitsetting staar haar steeds in die gesig. (Foto: Bullit Marquez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.