Die wêreld in foto’s – 18 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Twee leeuwelpies wag langs hulle ma, Bastet, gedurende hulle eerste uitstappie buitekant die dieretuin in Erfurt, sentraal-Duitsland. Dié leeuwelpies is op 19 April 2019 gebore. (Foto: Jens Meyer, AP)

Die Brasiliaanse speler, Rodrygo Goes, poseer vir die media gedurende sy amptelike aanbieding nadat hy ʼn kontrak met Real Madrid by die Santiago Bernabeu-stadion in Madrid, Spanje, geteken het. (Foto: Manu Fernandez, AP)

ʼn Toeskouer daag op by die jaarlikse Royal Ascot-perdewedrenbyeenkoms in Ascot, Engeland, wat vandag afgeskop het. (Foto: Alastair Grant, AP)

Duitse kanselier Angela Merkel (op die podium regs) en Oekraïense president Volodymyr Zelenskiy (op die podium links) luister na die nasionale volksliedere gedurende die verwelkomingsplegtigheid net voor ʼn vergadering by die kanselier in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Mense skuil teen die reën onder sambrele op die tweede dag van die Queens Club-tennistoernooi in Londen. (Foto: Tim Ireland, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.