Die wêreld in foto’s – 18 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het Franse Alfa-stralers en die Verenigde Koninkryk se Red Arrows rookbane in die kleure van die Franse vlag in Parys gemaak. Dié geleentheid is ter herdenking van Charles de Gaulle se pleidooi aan sy landgenote om die Nazi-besetting tydens die Tweede Wêreldoorlog teë te staan.

De Gaulle, voormalige president van Frankryk, het deur middel van ʼn radiouitsending 80 jaar gelede sy landgenote aangemoedig om aan te hou baklei ten spyte van die Nazi’s.

Só vier Frankryk dié belangrike dag.

Franse Alfa-stralers en die Verenigde Koninkryk se Red Arrows vlieg oor Parys. (Foto: Francois Mori, AP)

Die Koninklike Lugmag se lugtoertjiespan, die Red Arrows, vlieg oor die Invalides-monument in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

Straalvliegtuie vlieg oor Parys ter herdenking van Charles de Gaulle se pleidooi aan sy landgenote tydens die Tweede Wêreldoorlog. (Foto: Francois Mori, AP)

Straalvliegtuie spuit rook in die kleure van die Franse vlag oor ʼn militêre skool in Parys. (Foto: Michel Euler, AP)

Straalvliegtuie vlieg verby die Eiffel-toring in Parys. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.