Die wêreld in foto’s – 18 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kerse word aangesteek ter herinnering aan die slagoffers van Vrydag se skietery by die Al Noor-moskee in Christchurch, Nieu-Seeland. Drie dae ná Vrydag se grusame aanval het familielede van die slagoffers steeds in spanning gewag om te hoor wanneer hulle hul geliefdes kan begrawe. (Foto: Vincent Yu, AP)

Michael Buble tydens sy optrede Sondag by die Allstate Arena in Rosemont, Illinois, in die VSA. (Foto: Rob Grabowski, AP)

Minnesota Timberwolves se Karl-Anthony Towns (regs) teken punte aan terwyl Houston Rockets se Clint Capela verdedig tydens die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedstryd in Houston. Rockets het ’n oorwinning van 117-102 behaal. (Foto: David J. Phillip, AP)

Jennifer Love Hewitt woon die 36ste jaarlikse PaleyFest “9-1-1” by die Dolby-teater in Los Angeles by. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Dominic Thiem van Oostenryk lig ’n trofee in die lug nadat hy Switserland se Roger Federer (links) verslaan het tydens die mansfinaal by die BNP Paribas Ope-tennistoernooi in Indian Wells, Kalifornië. Thiem het ’n oorwinning van 3-6, 6-3, 7-5 behaal. (Foto: Mark J. Terrill, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.