Die wêreld in foto’s – 19 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

1. Dié foto van ʼn EgyptAir Airbus A320 is in April 2014 geneem. Amptenare van dié redery het Donderdag aangekondig dat ‘n soortgelyke vliegtuig op vlug MS804 van Parys na Kaïro neergestort het. Daar was 66 passasiers aan boord. Foto: AP / Ahmet Akin Diler/ wire.africannewsagency.com

 

2. Aktiviste in die Japanse hoofstad Tokio besig met ʼn teen-oorlog-betoging. Foto: AP /Shizuo Kambayashi/ wire.africannewsagency.com

 

3. ʼn Man is besig om ʼn standbeeld te klee met ʼn Vyshyvanka, ʼn Oekraïensekostuum om hulde te bring aan die stad se stigterslede. Foto: AP / Efrem Lukatsky/ wire.africannewsagency.com

 

4. Sokkergeesdriftiges in Thailand vaar die strate van Bangkok in op motorfietse terwyl hul die Leicester City-sokkerspan aanmoedig. Dié Engelse span het onlangs in Thailand aangekom. Foto: AP /Sakchai Lalit/ wire.africannewsagency.com

 

5. ʼn Filippynse straatverkoper, Madelyn Molin, besig om Briana Depalco, se hare te kan terwyl sy vir klante wag. Manila is bekend vir sy selfgemaakte stalletjies. Foto: AP /Aaron Favila/ wire.africannewsagency.com

 

6. Filipe Nyusi, Mosambiekse president, en sy afvaardiging saam met China se premier Li Keqiang en sy afvaardiging in die groot volksaal in Beijing, China. Foto: Jason Lee / Pool Image via AP/ wire.africannewsagency.com

 

7. Die Franse president Francois Hollande besig met ʼn toespraak tydens ʼn nasionale konferensie oor gestremdes in die Elysée-paleis in Parys. Foto: Gonzalo Fuentes, Pool via AP/ wire.africannewsagency.com

 

8. ʼn Indiese man besig om in die skadu te dut tydens ʼn hittegolf in Nieu-Delhi, Indië. Foto: AP / Tsering Topgyal/wire.africannewsagency.com

 

9. Manny Pacquiao, Filippynse bokslegende en nou senator, saam met aanhangers wat ʼn foto saam met hom wil neem nadat hy as senator aangekondig is. Foto: AP /Bullit Marquez/ wire.africannewsagency.com

 

10. Mense kom byeen by die kis met die oorskot van een van die slagoffers wat tydens ʼn grondverskuiwing in Sri Lanka gesterf het. Foto: AP / Eranga Jayawardena/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tinktinkie ·

Dankie Maroela. Nou kan mens d kluitjie by d oor bring. Waardeer dat julle na julle lesers luister. Doe so voort!!

A.G ·

Die berig oor die vermiste vliegtuig van EgyptAir was die vliegtuig vanaf Parys na Kairo op pad en nie vanaf Kairo na Parys nie. Probeer net reg stel.

Sune van Heerden ·

Dagsê A.G.

Ons vra om verskoning vir die flater! Dit is reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.