Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
1. Pakistanse seuns speel in die water tydens ʼn hittegolf in Karachi, Pakistan. Foto: Fareed Khan/ wire.africannewsagency.com
2. Vroue in Harare, Zimbabwe, lewer protes tydens ʼn optog teen die ʼn nuwe beleid wat in openbare skole voorgestel word. Die beleid is volgens die betogers onchristelik. Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/wire.africannewsagency.com
3. Lede van die Law Lords, Brittanje se senior regbank, neem hulle plekke in om te wag vir koningin Elisabeth II se toespraak tydens die opening van parlement in die Britse hoërhuis in Londen. Foto: AP/Alastair Grant Pool/wire.africannewsagency.com
4. Koningin Elisabeth II voor haar toespraak tydens die opening van parlement in die Britse hoërhuis. Foto: Alastair Grant Pool/wire.africannewsagency.com
5. ʼn Lugfoto van Shanghai se Disney-oord in dié stad in die ooste van China. Dit is die grootste Disneyland in Asië. Xinhua/Ding Ting/ wire.africannewsagency.com
6. Kroasië se president, Kolinda Grabar-Kitarovic, en Iran se president, Hassan Rouhani, word verwelkom deur ʼn erewag in Tehran, Iran. Foto: Ebrahim Noroozi/ wire.africannewsagency.com
7. Die naeloper Usain Bolt neem ʼn foto saam met kinders in Praag in die Tseggiese Republiek. Foto: Petr David Josek/ wire.africannewsagency.com
8. Osamu Suzuki, voorsitter van die Suzuki-motormaatskappy, vra om verskoning tydens ʼn perskonferensie in Tokio nadat Suzuki onbehoorlike padtoetse op hul motors gedoen het. Foto: Shizuo Kambayashi/ wire.africannewsagency.com
9. Grondverskuiwings het die Kegalle-distrik in Sri-lanka getref het ná hewige reën. Foto: Eranga Jayawardena/ wire.africannewsagency.com
10. Rook en stoom van ʼn staal-aanleg in Wuhan, China. Foto: Chinatopix via/wire.africannewsagency.com
Maroela kan julle nie asb d onderskrifte direk onder elke foto’s sit nie? Groot asb. Die op en af blaai om te sien wat waar pas is n irritasie. Byvoorbaat dankie
Klik op die foto, dan maak dit groot oop met onderskrifte onder elke foto.
Dagsê Tinktinkie
Die byskrifte word inderdaad reeds direk onderaan elke foto gepubliseer. Klik gerus op die foto op die fotogalery oop te maak en sodoende die byskrifte te sien.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media