Die wêreld in foto’s – 18 Mei 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Man hou vroeg Vrydagoggend ’n kind vas terwyl hulle op ’n bus klim tydens die ontruiming van ’n tydelike kamp in ’n park oorkant die stadsaal in Sarajevo. Honderde immigrante wat in die Bosniese hoofstad Sarajevo in ’n tydelike tentnedersetting in ’n stadspark gebly het, word Vrydag na die suide van Bosnië verplaas. (Foto: Amel Emric, AP)

Die Indiese kunstenaar Jagjot Singh Rubal bring Vrydag sy laaste veranderinge aan sy skildery van Brittanje se Prins Harry en Meghan Markle aan in Amritsar, Indië. Rubal beplan om dié kunswerk as ’n trougeskenk aan die paartjie te gee. Die koninklike troue vind 19 Mei (môre) in die St. George-kapel in Windsor, Engeland, plaas. (AP Foto / Prabhjot Gill)

Palestynse vroue stap Vrydag na die Al-Aqsa-moskee in Jerusalem vir die eerste Vrydaggebede tydens die Moslem- heilige maand van Ramadan by die Qalandia-kontrolepunt tussen Ramallah en Jerusalem. (Foto: Nasser Shiyoukhi, AP)

Mense woon die begrafnis van Pakistanse dorpenaars by wat na bewering deur Indiese ontploffings in Khanoor Mian, langs die lyn van beheer in Pakistan, doodgemaak is. Die Pakistan-weermag het Indiese troepe beskuldig van moedswillige oortreding van die 2003-vuurwapenooreenkoms tussen dié twee lande langs die grens naby Kasjmir. Hulle word ook daarvan beskuldig dat hulle die burgerlike bevolking, insluitend die aantal mense wat Vrydagoggend dood is, geteiken het. (Foto: Shahif Ikram, AP)

Spanje se Rafael Nadal slaan Vrydag die bal terug na Italië se Fabio Fognini, gedurende die kwarteindstryd van die Italiaanse Ope-tennistoernooi in Rome. (Foto: Ettore Ferrari, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.