Die wêreld in foto’s – 18 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Hongkongse parlement moes vir die tweede keer vandeesmaand vure tussen pro-demokrasie- en pro-Beijing-wetgewers doodslaan nadat ʼn geskil oor ʼn voorsitter-posisie ontstaan het.

Starry Lee, ʼn pro-Beijing-wetgewer, is Maandag verkies tot voorsitter van ʼn sleutelkomitee wat wetsontwerpe onder die loep neem. Lee se verkiesing sal waarskynlik tot gevolg hê dat ʼn omstrede wetsontwerp goedkeur word wat die misbruik van die Chinese volkslied kriminaliseer.

Só lyk die pro-demokrasie-wetgewers se uitbarstings tydens die vergadering van die wetgewende raad in Hongkong.

Lam Cheuk-ting, ʼn pro-demokrasie-wetgewer, gooi papiere na pro-Beijing-politikus Chan Kin-por tydens ʼn vergadering van die wetgewende raad in Hongkong. (Foto: Vincent Yu, AP)

Lam Cheuk-ting word deur sekerheidsbeamptes vasgekeer nadat hy papiere na pro-Beijing-wetgewer Chan Kin-por gegooi het. (Foto: Vincent Yu, AP)

Lam Cheuk-ting word deur sekerheidsbeamptes weggedra. (Foto: Vincent Yu, AP)

Chan Kin-por, ʼn pro-Beijing-wetgewer, word omring deur sekerheidswagte tydens ʼn vergadering van die wetgewende raad in Hongkong. (Foto: Vincent Yu, AP)

Pro-demokrasie-wetgewers gebruik swart materiaal om hul dade te probeer verbloem terwyl hulle met sekerheidsbeamptes stoei. (Foto: Vincent Yu, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daleen ·

Kan jy nou meer dis nie net ons parlement wat in ‘n sirkus verander nie. Ek het Malema op die fotos gesoek maar ek sien niemand in’ n rooipakkie en ‘n baret nie – want volgens my is dit net hy wat sulke wanorde kan veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.