Die wêreld in foto’s – 18 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Marokkaanse mans geklee in tradisionele kostuums ry perd by ʼn perde-uitstalling in El Jadida, Marokko. Die 11de weergawe van Salon du Cheval, Marokko se vlagskip-perde-uitstalling, het Dinsdag in El Jadida geopen. Sowat 28 lande neem vanjaar aan dié uitstalling deel. (Foto: Aissa, Xinhua)

Soldate van die Cravat Regiment neem deel aan die Cravatdag-fees in Zagreb, Kroasië. (Foto: Sanjin Strukic, AP)

Theresa May, die Britse eerste minister, stap Donderdag weg nadat sy met die media gepraat het tydens ʼn EU-beraad by die Europa-gebou in Brussel. Die EU-leiers kom Donderdag vir ʼn tweede dag byeen om migrasie en Brexit te bespreek. (Foto: Alastair Grant, AP)

Vatikaanwagte marsjeer Donderdag terwyl hulle die San Damaso-binnehof van die Apostoliese Paleis verlaat ná ʼn ontmoeting tussen Pous Franciskus en die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, in die Vatikaanstad. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Duiwe vlieg Donderdag oor ʼn veld met sonsopkoms in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.