Die wêreld in foto’s – 18 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Giuseppe Conte, die Italiaanse premier, wag Dinsdag op die aankoms van die Oostenrykse kanselier, Sebastian Kurz, by die premierskantoor in Rome. (Foto: Ettore Ferrari, AP)

ʼn Fietsryer ry verby ʼn straatlig wat omgeval in die Rong’an-distrik in China se Guangxi-streek ná die verwoesting wat gepaard gegaan het met tifoon Mangkhut. Dié tifoon het Guangxi Sondag getref. (Foto: Tan Kaixing, Xinhua)

Die Amerikaanse akteur Rami Malek (links) en die Britse akteur Gwilym Lee poseer Dinsdag in Rome vir foto’s as bemarkingsmateriaal vir die rolprent Bohemian Rhapsody. (Foto: Angelo Carconi, AP)

Noord-Koreane het Dinsdag die strate van Pyongyang ingevaar om die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, in dié stad te verwelkom. (Foto: AP)

Russell Maloy loop oor ʼn brug naby sy huis om die watervlak van die Cape Fear-rivier na te gaan. Watervlakke styg steeds nadat orkaan Florence in Fayetteville, Noord-Carolina, oorstromings tot gevolg gehad het. (Foto: David Goldman, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.