Die wêreld in foto’s – 19 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense hou ʼn Israelse akrobatiese vliegspan dop tydens ʼn verbyvlug as deel van dié land se 70ste onafhanklikheidsdagviering in Tel Aviv. (Foto: Ariel Schalit, AP)

Soldate van die Coldstream-wag dra vlae van die 53 Statebondslande buite die Buckingham-paleis in Londen voor die formele opening van die Statebond-leiersberaad. (Foto: Gareth Fuller, AP)

ʼn Vuurtoring word Donderdag na die berg Guschakopf in Bad Ragaz, Switserland, vervoer. Dié toring is opgestel as deel van die buitelug-kunsuitstalling “BadRagartz” wat op 5 Mei begin. (Foto: Gian Ehrenzeller, AP)

ʼn Sandstorm tref deelnemers aan die 33ste Marathon des Sables in die Sahara-woestyn naby Merzouga in suidelike Marokko. (Foto: AP)

ʼn Man besig met kunsmatige bestuiwing van ʼn peerboom in ʼn tuin in Liangshan in China se Hebei-provinsie. (Foto: Yang Shiyao Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rooiman ·

Ek sal graag meer wil weet rondom die vuurtoring-foto, want dit lyk vir my redelik verdag en nagemaak? Kan interessant wees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.