Die wêreld in foto’s – 19 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

 ʼn United Launch Alliance Delta IV-vuurpyl styg Vrydag by die Cape Canaveral-lugmagbasis in Florida op. Die vuurpyl bevat twee waarnemingsatelliete. Foto: Craig Bailey/Florida Today via AP

Dr. Vanessa Rouzier ondersoek ʼn kind met cholerasimptome by Haiti se eerste permanente cholerasentrum in Port-au-Prince. Die Verenigde Nasies het vir die eerste keer erken die organisasie het tot die verspreiding van cholera in Haiti bygedra en gesê die VN moet meer doen om bystand aan die land te lewer. Foto: AP Photo/Dieu Nalio Chery, File

ʼn Kortstert-pylinkvis word op die seebodem naby die Channel Islands-natuurreservaat in Los Angeles, Kalifornië afgeneem. ʼn Span wetenskaplikes het onlangs dié koppotigen-spesies ontdek tydens ʼn vier maande lange ondersese ontdekkingstog. Die doel van die tog is om verskuiwingslyne te bestudeer. Foto: OET/NautilusLive via AP

ʼn Vrou verwonder haar aan liginstallasies by die 9de Singapoer Nagfees in Singapoer. Die 9de weergawe van die Nagfees sal vir die volgende twee naweke in Singapoer se Bras Basah en Bugis-buurte plaasvind. Foto: Xinhua/Then Chih Wey

ʼn Self-bestuur Ford Fusion-hibriedvoertuig word vir ʼn toetsrit geneem in Pittsburgh, Pennsilvanië. ʼn Onbekende aantal van hierdie motors wat hulself bestuur, sal passasiers in die Pittsburgh-omgewing nes normale Uber-taxi's oplaai en die rit is gratis vir diegene wat braaf genoeg is om in te klim. Foto: AP Photo/Jared Wickerham

ʼn Self-bestuur Ford Fusion-hibriedvoertuig word vir ʼn toetsrit geneem in Pittsburgh, Pennsilvanië. ʼn Onbekende aantal van hierdie motors wat hulself bestuur, sal passasiers in die Pittsburgh-omgewing nes normale Uber-taxi’s oplaai en die rit is gratis vir diegene wat braaf genoeg is om in te klim. Foto: AP Photo/Jared Wickerham

ʼn Palestynse betoger gooi ʼn traangasgranaat terug na Israeliese soldate tydens botsings naby die Hawara-kontrolepunt in die Wesoewer-stad, Nabuls. Geweld het losgebars tydens ʼn betoging ten gunste van Palestynse gevangenes wat in Israeliese tronke aangehou word. Foto: Xinhua/Nidal Eshtayeh

Anthony Dean van Australië en Connor Fields van die Verenigde State van Amerika, neem aan die BMX-kwarteindstryd deel tydens die 2016 Olimpiese Somerspele in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: AP Photo/John Locher

Anthony Dean van Australië en Connor Fields van die Verenigde State van Amerika, neem aan die BMX-kwarteindstryd deel tydens die 2016 Olimpiese Somerspele in Rio de Janeiro, Brasilië.
Foto: AP Photo/John Locher

Sers. Chad McCann, bemanningshoof van die Amerikaanse nasionale wag, dra ʼn jong kind na ʼn nabygeleë UH-60 Blackhawk-helikopter wat wag om hom na veiligheid te neem. Sowat 3,000 lede van die Louisiana nasionale wag is tans by noodoperasies in die deelstaat betrokke, wat reddingspogings, sekuriteitspatrollies en voedselverspreiding insluit. Foto: Chief Warrant Officer 3 Jesse Curtis/U.S. Army National Guard via AP

Indiese priesters dans tydens die Deodhani-fees wat by die beroemde Kamakhya-tempel in Guwahati, Assam, Indië, gehou word. Die drie daagse fees word gehou ter ere van Kamakhya, ʼn slanggodin in die Hindoe geloof. Foto: Xinhua/Stringer

ʼn Robjagter dreig ʼn kameraman met ʼn mes in 1997 tydens die verfilming van ʼn robbejag by die baai van St. Lawrence in Kanada. “Huntwatch”, ʼn dokumentere film oor die stryd teen handelsjagtogte op robbe, word in September op die Discovery kanaal uitgesaai. Foto: Richard Sobol/IFAW via AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.