Die wêreld in foto’s – 19 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die watervlak van die Ganges- en die Yamuna-rivier het aansienlik gestyg ná die moesonreën van die afgelope ruk in Prayagraj, Indië. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

ʼn Helikopter probeer om ʼn veldbrand op die Kanariese Eilande, wes van Marokko, te blus. Volgens owerhede was vlamme so hoog as 50 m en meer as 8 000 mense moes hul blyplekke verlaat. (Foto: Arturo Jimenez, AP)

Duitsland se doelwagter Julia Sonntag in aksie tydens ʼn Europese vroue-hokkiewedstryd teen Engeland op die Wilrijkse plein in Antwerpen, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Huise tydens skemer in Tasiilaq, Groenland. (Foto: Felipe Dana, AP)

Toeriste besigtig die Notre Dame-katedraal net voor die aanvang van ʼn groot opruimpoging teen loodbesoedeling in Parys. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.