Die wêreld in foto’s – 19 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Franse president Emmanuel Macron wys na ’n diagram van Navo (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) se Europese en Kanadese verdedigingsuitgawes gedurende ’n nuuskonferensie met Jens Stoltenberg, Navo se sekretaris-generaal, by die Elysee Paleis in Parys, Frankryk. (Foto: Philippe Wojaze, AP)

Pous Francis gesels met Jordanië se Koning Abdullah II tydens ’n privaat vergadering in die Vatikaanstad. (Foto: Max Rossi, AP)

’n Indonesiese beampte staan wag langs die Australiër Isaac Emmanuel Roberts ná ’n mediakonferensie in Bali, Indonesië. Volgens Indonesiese amptenare is drie buitelanders, insluitende Roberts, in hegtenis geneem ná ’n poging van beweerde dwelmsmokkelary na dié toeriste-eiland. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Twee mans sit kerse neer tydens die opening van ’n gedenkdiens in Berlyn, Duitsland, ter ere van die slagoffers van die Kersmark-terreuraanval een jaar gelede op die Breitscheid-plein. (Foto: Michael Sohn, AP)

Noord-Koreaanse vroue-sokkerspelers daag op by die Pyongyang-lughawe in Pyongyang, Noord-Korea, nadat hulle die Oos-Asiatiese Kampioenskap gewen het. (Foto: Jon Chol Jin, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.