Die wêreld in foto’s – 19 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Beelde deur die Chinese kunstenaar Xu Hongfei word tydens ’n opelug-uitstalling in Thessaloniki, Griekeland, ten toon gestel. (Foto: Dimitris Tosidis, Xinhua)

Alexis Tsipras, die Griekse eerste minister, spreek wetgewers toe tydens ʼn parlementêre sitting in Athene, Griekeland. Griekse regters het Dinsdag die 2019-staatsbegroting aangepas. Daar word verwag dat die land ’n ekonomiese groei van 2,5% in die nuwe jaar sal toon vergeleke met 2018 se 2,1 %. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

’n Ysige dag Woensdag in die dorp Soshartyan, 115 km noordoos van Boedapest in Hongarye. (Foto: Peter Komka, AP)

ʼn Vrugtevlermuis hang Woensdag aan ʼn boom in die Masoala-dieretuin in Zurich, Switserland. (Foto: Walter Bieri, AP)

Giuseppe Conte, die Italiaanse eerste minister, Woensdag tydens ʼn regstreekse televisie-uitsending toe hy die Italiaanse senaat rakende die begrotingswet in Rome toegespreek het. Die Europese Kommissie het ʼn ooreenkoms met Italië bereik om regstappe oor die land se begrotingsplanne te vermy. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.