Die wêreld in foto’s – 19 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou huil buite die Kongres in Buenos Aires, Argentinië, tydens ʼn optog vir die 18-jarige oorledene, Fernando Baez Sosa. Betogers vra dat geregtigheid geskied vir dié seun wat ʼn maand gelede deur ʼn groep rugbyspelers in Villa Gesell doodgeslaan is. (Foto: Natacha Pisarenko, AP)

Betogers sing buite tydens ʼn verkiesingsveldtog vir Joe Biden, demokratiese presidentskandidaat, by die Harbour Palace Seafood Restaurant in Las Vegas, VSA. Die betogers wil hê dat die deportasie van ongedokumenteerde immigrante afgeskaf word, sou Biden verkies word. (Foto: Patrick Semansky, AP)

Luo Yan, die enigste persoon in Sri Lanka wat positief vir die koronavirus (COVID-19) getoets het, groet hospitaalpersoneel nadat sy uit haar isolasiekamer by die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes in Colombo, Sri Lanka, ontslaan is. Luo Yan het ten volle herstel. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

ʼn Hindoe man rook kannabis in die binnehof van die Pashupati-tempel in Kathmandu, Nepal, voor die Shivaratri-fees. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

ʼn Man soen pous Franciskus tydens sy weeklikse oudiënsie by die Vatikaan. (Foto: Andrew Medichini, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.