Die wêreld in foto’s – 19 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland baai Vrydag in yskoue water naby die St. Nilus Stolobensky-klooster aan die Seliger-meer in Rusland. Duisende volgelinge van die Russies-Ortodokse Kerk sal vandag in ysige riviere en damme reg oor die land baai ter viering van Epifanie. Hulle glo die water is op dié dag heilig en sal hulle reinig. (Foto: Alexei Druzhinin, AP)

ʼn Man ry met ʼn perd deur ʼn vreugdevuur as deel van ʼn ritueel ter ere van St. Antonius, die beskermheilige van diere, in San Bartolome de Pinares in Spanje. Dié fees vind jaarliks plaas. (Foto: Francisco Seco, AP)

Besoekers aan die “Dream Garden of Prosperity”-uitstalling Vrydag by ʼn winkelsentrum in Kuala Lumpur in Maleisië. Die uitstalling word aangebied in aanloop tot die Chinese Nuwejaar op 16 Februarie. (Foto: Zhu Wei, Xinhua)

Meer as 9 000 inwoners rondom die Mayon-vulkaan in die Filippyne is vroeër die week verwyder ná ʼn ligte uitbarsting. Wetenskaplikes waarsku egter dat groter uitbarstings kan volg. Foto: (Earl Recamunda, AP)

Hunikui Antonio Borges van Acre in Brasilië luister na ʼn toespraak tydens ʼn kongres van boorlinge van die Amasone-streek in Peru se Madre de Dios-streek. Die toespraak was kort voor pous Franciskus se besoek Vrydag aan dié streek. (Foto: Rodrigo Abd, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.