Die wêreld in foto’s – 19 Julie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Mense kyk Donderdag by die Seoel-treinstasie in Seoul, Suid-Korea, na ’n TV-skerm wat ’n nuusprogram uitsaai oor ’n Russiese oorlogskip wat gesink het. ’n Suid-Koreaanse maatskappy beweer dat hulle dié Russiese oorlogskip gevind het. Dit het tot beleggerswaan gelei te midde van onbevestigde gerugte dat die skip 200 ton goud aan boord gehad het toe dit in 1905 gesink het. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Sergey Udaltsov, ’n Russiese opposisie-aktivis, hou tydens ’n betoging ’n plakkaat vas wat lees: “Verhoging van die aftree-ouderdom is volksmoord!” Dié optog het plaasgevind voor die Russiese Doema, die laer huis van die Russiese parlement in Moskou, Rusland. Betogers is gekant teen die regering se planne om die aftree-ouderdom te verhoog. Die Staat Doema stem Donderdag oor die wetsontwerp wat die ouderdom sal verhoog waarop afgetredenes staatspensioen kan ontvang: vir mans word dit van die ouderdom 60 na 65 verhoog, en vir vroue van 55 na 63. (Foto’s: Alexander Zemlianichenko, AP)

Die Suid-Afrikaner Retief Goosen speel sy tweede putjie tydens die eerste ronde van die Britse Ope-gholfkampioenskap in Carnoustie, Skotland. (Foto: Jon Super, AP)

’n Man dra ’n kind op sy skouers terwyl hulle Donderdag in Dharmsala, Indië, in die reën loop. Dié streek is tans in die middel van hul reënseisoen. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Brittanje se Geraint Thomas neem die voortou tydens die twaalfde ronde van die Tour de France-fietswedren. Dié ronde van 175,5 kilometer begin in die Bourg-Saint-Maurice Les Arcs en eindig in Alpe d’Huez, Frankryk. (Foto: Peter Dejong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.