Die wêreld in foto’s – 19 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die polisie baken ʼn gebied in Londen af waar ʼn bus in aanbidders naby ʼn moskee ingeploeg het. (Xinhua / Han Yan)

ʼn Man wys na die gat in die grond waardeur vier gevangenes uit ʼn gevangenis in Bali ontsnap het. Veiligheidsbeamptes het Maandagoggend tydens ʼn roetine-ondersoek van die ontsnapping bewus geraak. (AP Photo / Firdia Lisnawati)

Philipp Kohlschreiber van Duitsland speel teen Joao Sousa van Portugal tydens die ATP-tennistoernooi in Halle, Duitsland. (Friso Gentsch / dpa via AP)

ʼn Vragmotorwrak en gereedskap lê in puin buite ʼn dorpie in Portugal. Meer as 60 mense het reeds hul lewe verloor in die brande wat tans in Portugal woed. (AP Photo / Paulo Duarte)

ʼn Missiel word in Iran afgevuur en teiken die Islamitiese Staat (Isis) in Sirië. (IRIB-nuusagentskap, Morteza Fakhrinejad via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.