Die wêreld in foto’s – 19 Junie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Werker verf Dinsdag ’n Dhando Chaitya-stoepa in Katmandoe in Nepal. Die Dhando Chaitya is glo een van die oudste stoepas (Boeddhisteheiligdom) wat daar is. Dis gebou deur die Indiese prinses Charumati, die dogter van die Indiese keiser Ashoka. Sy was getroud met ’n Nepalese prins in Katmandoe terwyl sy die leringe van Boeddha versprei het. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Sebastian Kurz, die kanselier van Oostenryk (links), gesels met Antonio Tajani, die president van die Europese Parlement, tydens hul vergadering by die federale kanselier in Wene, Oostenryk. (Foto: Ronald Zak, AP)

’n Toeskouer poseer Dinsdag vir foto’s met haar aankoms op die eerste dag van die Royal Ascot-perdewedren in Ascot, Engeland. (Foto: Tim Ireland, AP)

Donald Tusk, die voorsitter van die Europese Unie, praat tydens ’n mediakonferensie met die Sweedse premier, Stefan Lofven, by die hoofkantoor Rosenbad in Stockholm, Swede. Lofven en Tusk het ’n vinnige ontmoeting gehad voor die amptelike vergadering van die Europese Unie later in Junie. (Foto: Erik Simander, AP)

Twee wit bokke staan in ’n grasland in die middel van nêrens tussen Podolsk en Vatutinki tydens die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Vatutinki naby Moskou, Rusland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.